11 Januarie 2015 – Markus 1:4-11 – Epifanie 1

Lees die doop van Jesus uit die Nuwe Testament vir kinders en onderstreep net weer die kernbetekenis van die Verbondsdoop.  Dit kan aangevul word met ‘n illustrasie uit Toy Story 1.  Die preekriglyn werk met die gebed van Jesaja dat die Here die hemel moet oopskeur en die verwoeste Jerusalem weer sal herstel.  Jesaja se gebed vind weerklank in Markus 1, wanneer vertel word van God wat inderdaad onder mense kom woon het, van die hemel wat toe inderdaad oopgeskeur het.  Verstommend genoeg tree Johannes die Doper as die wegbereider vir Jesus in die woestyn van Juda op. Hy bring die boodskap van verandering: “Bekeer julle en laat julle doop en God sal julle sondes vergewe.”

Share