18 Januarie 2015 – Johannes 1:43-51 – Epifanie 2

Hierdie is die ideale geleentheid om te gesels oor wat dit beteken om Jesus te volg.  Daar is verskillende “volg my” speletjies om van te kies.  Speel iets soos “follow the leader” of “Simon Says”.  Of kry ‘n megafoon / maak ‘n megafoon van karton en roep die kinders om jou deur die kerkgebou te volg.  Die preekriglyn begin met die avonture van Shaun die Skaap wat in 2015 na ‘n grootskerm-teater naby jou kom. Lokfilms draai tans om ons lus te maak vir dié storie. Dit gee ‘n goeie inleiding vir die ontmoeting tussen Jesus en Natanael in ons teks. Deur hom ontdek ons dat God ons ken.  En kan ons Jesus se belofte goed hoor, dat ons groter dinge as dit sal sien.

Share