25 Januarie 2015 – Markus 1:14-20 – Epifanie 3

Met Familietyd kan die verhaal van Jona gedramatiseer word met die oorsig wat Die Bybel in Praktyk verskaf.  Die preekriglyn begin met die verhaal van William Borden,die erfgenaam van die massiewe Borden Suiwelboerdery , wat op ‘n reis rondom die wêreld ‘n passie ontwikkel het om lydende mense te help. Hy is bekend vir drie frases wat hy deur sy lewe in sy Bybel opgeteken het: “Geen reserwes. Geen terugkeer.  Geen spyt.”  Dit wys die krag van die roeping van God, soos dit ook in Markus 1 vir ons opgeteken word: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.”  Elkeen wat dié boodskap hoor, word deur Jesus as vissers van mense geroep.  Daarmee lê Hy beslag op jou hele lewe.

 

Share