Jeremia 31:31-34 – Vyfde Sondag in Lydenstyd – 22 Maart 2015

Daar is verskeie opsies vir Familietyd wat jy kan gebruik: Carolyn Brown se gesprek oor die permanensie van tatoeërmerke as inleiding om oor die permanensie te gesels van God wat sy woorde op ons harte skryf; ‘n gesprek oor verskillende mediums wat gebruik word om op te skryf en baie verskil in terme van permanensie met dieselfde toepassing.   Die preekriglyn begin met die verhaal van Condoleezza Rice, wat George Bush se Nasionale Veiligheidsraadgewer was, wat onverwags gevra is om in ‘n kerk klavier te speel.  Die gemeente het die gewoonte gehad om net te begin sing wat haar onkant gevang het. Haar ma se raad was: “Skat, speel in C en hulle sal terugkom en jou begeleiding begin volg.”  Dit is ‘n metafoor vir God se werk in ons lewe.  God speel net in C (“in Christus”), en ons sal terugkom na Hom toe. Dis God!  Dit is die hoopvolle aankondiging van ons teks wat nie net vir Israel van betekenis was nie, maar ook vir ons.

Share