1 Johannes 1:1-2:2 – Tweede Sondag van Paastyd – 12 April 2015

Vir Familietyd kan jy die verse uit Die Nuwe Testament vir Kinders lees en/of die blokkiesraaisel gebruik.  Die preekriglyn begin met die verhaal van Thomas Linacre, die geneesheer van koning Henry VII en Henry VIII van Engeland, stigter van die Koninklike Kollege van Geneeshere, en vriend van die groot denkers van die Renaissance, Erasmus en Sir Thomas More.  Laat in sy lewe, het Linacre begin studeer om ‘n priester te word. Vir die eerste keer in sy lewe ontvang hy die Nuwe Testament om vir homself te bestudeer. Linacre het in die donkerste tye van die kerk se geskiedenis geleef, terwyl Alexander VI pous was.

Alexander, die berugte Borgia-pous, se omkopery, korrupsie, bloedskande en moord het die Katolieke kerk se naam beklad.  Nadat hy die Nuwe Testament gelees het, het Linacre gesê: “Hierdie is óf nié die evangelie nie, of ons is nie Christene nie.”  Die evangelie is bedoel om ons gedrag te verander. Ons moet lewe op ‘n manier wat pas by die evangelie. Anders is Linacre se woorde heeltemal waar.  Hierdie eerste brief van Johannes bemoedig die gemeente – waarskynlik in Efese, soos die tradisie dit aan ons voorhou – om getrou te bly aan die inhoud van hulle geloof, Jesus Christus, sowel as aan die tipe praktiese lewenstyl wat daaraan uitdrukking gee.

WBanners_Feb15-1

Share