1 Johannes 3:1-7 – Derde Sondag van Paastyd – 19 April 2015

Gesels met die kinders oor wat hulle eendag wil word. Ons sal egter maar moet wag en kyk, nie waar nie.  Maar wat ons wel weet, is dat julle kinders van God is.  Wanneer julle grootword, gaan julle steeds dieselfde wees:  kinders van God!  God het ons so lief dat, maak nie saak wát ons eendag word nie, ons bly kinders – God se kinders.   Die preekriglyn lei in met Alister McGrath (gerekende natuurwetenskaplike en teoloog) se vertelling van sy tannie wat ‘n paar jaar gelede oorlede is. Sy was in haar tagtigs, maar het nooit getrou nie. Toe die familie haar besittings uitsorteer, kom hulle op ‘n gehawende foto van ‘n jongman af. Dit was die liefde van die ou dame se lewe, maar die verhouding het tragies geëindig.

Sy het die foto van die man wat sy liefgehad het lewenslank bewaar. Waarom? Die foto het haar herinner aan die werklikheid van haar liefde, en die liefde wat sy van die jongman ontvang het. Dit was haar enigste skakel met die wêreld waarin sy gewaardeerd en bemind was.  Dit is wat ons teks ook met ons wil regkry.  Dit is ons foto, ons herinnering en ons verankering. Ons teks is soos die vergeelde foto tussen ‘n ou dame se besittinkies. Dit vertel van die belangrike ankers in ons lewe. Ons teks herinner ons ook van watter verhaal ons deel is. Ons is deel van God se inisiatief om liefdevol na die wêreld uit te reik en mense in Christus deel te maak van God se familie.  Daarom moet ons in Hom bly!

WBanners-mrt15-1

Share