1 Johannes 3:16-24 – Vierde Sondag van Paastyd – 26 April 2015

Vir Familietyd is daar ‘n poppekas-beurtspel wat jy kan gebruik oor ‘n skapie en Dawid in gesprek oor herderskap.  Die preekriglyn begin met die verhaal van Maximilian Kolbe, ‘n Poolse priester wat op 15 Augustus 1941 as gevangene 16670 in die Nazi strafkamp, Auschwitz, gesterf het.  Hy het gekies om in die plek van Franciszek Gajowniczek, wat vreesbevange was om sy vrou en kinders nooit weer te sien nie.  Gajowniczek het later vertel dat hy Kolbe net met sy oë kon bedank. Ek kon skaars begryp wat besig was om te gebeur. Iemand anders offer sy lewe vrywillig op vir my – ‘n vreemdeling.  Gajowniczek het nog 53 jaar gelewe nadat Kolbe sy lewe gered het. In Duitsland is Kolbe se dood met ‘n posseël herdenk. Sy selfopoffering gryp steeds mense se verbeelding aan.  Dit is met dié verhaal as agtergrond wat ons beter die offer van Jesus kan begryp, wat nie net vir een persoon nie, maar vir almal sekerheid en lewe verseker.  En kry ons ook ‘n beter insig wat van ons gevra word in navolging van Hom: “Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê.”

 WBanners-mrt15-4

Share