1 Johannes 4:7-21 – Vyfde Sondag van Paastyd – Arbeidsondag – 3 Mei 2015

In Familietyd kan jy die voorbeeld gebruik van ‘n vrug met pitte om te gesels oor maniere waarop mens liefde kan deel en hoe die liefde dan meer raak.  Of gebruik die jongste fliek van “Cinderella” waar haar ma haa leer: “to have courage and be kind”.  “Where there is kindness, there is goodness. And where there is goodness, there is magic,” sê Cinderella se ma.  Liefde (omgee) is volgens haar ma die sterkste “magic” wat daar is.  Die preekriglyn sluit hierby aan en vertel verskillende verhale waar onbekende weldoeners vir ander se ete betaal het. Trouens, by ‘n deurry-koffiewinkel in Portland, Oregon, VSA, het sewe-en-twintig kliënte op ‘n ry vir die volgende persoon se koffie betaal.  So is dit met die liefde van God. Mense beleef God se verrassende liefde. Hulle gee dit dan aan aan volgende mense. Wat dit weer aangee. So beleef mense God se liefde opeenvolgend op lewensveranderende maniere.  Want God is liefde!

WBanners-mrt15-2

Share