1 Johannes 5:1-6 – Sesde Sondag van Paastyd – 10 Mei 2015

Met Familietyd kan jy die beeld van ‘n atleet wat oefen vir die volgende Olimpiese Spele gebruik. Sulke atlete verhuis dikwels om naby hul afrigter te woon, want hy of sy is uiteindelik die sleutel tot Olimpiese sukses. Die afrigter word die atleet se hele bestaan. Dit is hierdie soort gehoorsaamheid wat God van Sy kinders verwag en waaroor Johannes in ons fokusteks skryf.  Die preekriglyn gebruik die voorbeeld van Lew Wallace, destydse goewerneur van die Amerikaanse deelstaat Nieu-Meksiko, wat ‘n boek téén Jesus Christus geskryf, maar in die proses tot geloof in Jesus as Here gekom het.

Hy vertel hoe hy materiaal oor Jesus begin versamel het en agter gekom het dat Jesus net so ‘n werklike mens as Plato, Sokrates of Caesar was.  Hy het daarom homself begin afvra of dat nie ook die Seun van God, en die Redder van die wêreld was nie.   Geleidelik het dit duidelik geword, en het die oortuiging gegroei, dat Jesus nie net ‘n werklike mens was nie, maar dat sy aansprake oor Homself ook inderdaad waar was.  Hy het ‘n volgeling van Jesus geword wat uiteindelik die boek geskryf waarop die epiese film Ben Hur gebaseer is. Dit is geskryf deur ‘n man wat wou bewys Jesus het nooit geleef nie. In plaas daarvan het hy die grootste Man wat ooit geleef het, ontmoet.  Dít is waaroor ons teks vandag gaan!  Dit is ‘n belydenis oor Jesus, die Seun van God.

WBanners-mrt15-3

Share