Markus 4:26-34 – Derde Sondag in Koninkrykstyd – 14 Junie 2015

Lees die deel oor die saad wat vanself opkom en groei uit Die Nuwe Testament vir Kinders of gebruik die en wys die kinders hoe ‘n mosterdsaadjie lyk.  Brei uit op die feit dat so ‘n klein en geringe saadjie uiteindelik in so ‘n groot boom kan verander. Dit onderstreep Jesus se punt dat die geringe dinge wat mense vir God en Sy koninkryk doen uiteindelik van groot waarde is.  Jy kan ook die storie van ‘n appel gebruik wat ingesluit is.  Die preekriglyn werk met die droom van ‘n vrou wat Jesus in ‘n groot winkelsentrum raakloop.  Op sy aanbod dat sy kan kry wat haar hart begeer, vra sy vir vrede en vreugde vir die hele wêreld. Jesus antwoord haar in die droom: “Ek dink jy het my misverstaan. Ons verkoop nie vrugte nie, ons werk hier met saad.”  Vanuit hierdie belangrike perspektief verbreed die preekriglyn ons verstaan van die karakter van God se koninkryk. God se koninkryk is ‘n proses wat nie aangejaag kan word nie. Die tydsverloop is stadig, maar onafwendbaar. Ons word ook uitgenooi om medewerkers in diens van God te wees.  Dit alles is die werk van God.

WBanners-jun15-6

Share