2 Samuel 5:1-5, 9-10 – Sesde Sondag in Koninkrykstyd – 5 Julie 2015

As jy die hele reeks deur ’n prent van Dawid gebruik, kan jy hierdie week ’n goue kroon op sy kop plak.  Gesels oor die goed waarvoor ons soms moet wag.  Daar is ook inligting oor salwing wat as ‘n herinnering aan die doop uitgelê kan word.  Die preekriglyn begin met die idee dat dit stryd tussen Dawid en Saul briljante stof vir ‘n spannende TV-reeks kon wees. In ‘n hele paar episodes word die gang van die konflik tussen hulle ontleed en eindig dit met die vraag na die uiteindelike verskil tussen Saul en Dawid.  Net dit: Dawid het met sy hele hart aan die Here sy God vasgehou. Selfs na sy owerspel met Batseba en moord op haar man, maak hy die saak met God uit.

Dan loop God en Dawid die lewenspad weer verder saam. Saul het egter iewers langs sy lewenspad besluit dat hy dinge liewer op sy eie manier wil doen as om dit te doen soos die Here voorstel. Hy was vas oortuig daarvan dat hyself beter weet hoe om te lewe as wat God se voorskrifte sê. Dit sê vir ons dat dit Saul niks gebaat het dat hy fisiek kop en skouers bo almal uitgetroon het en die hele staatsmasjinerie aan sy kant gehad het nie. Omdat hy God verlaat het, het God hom ook verlaat. Daarteenoor staan Dawid wat elkeen van ons aanspoor om bewus te raak dat ons in groot geselskap leef. In Dawid se lewensverhaal sien ons hoe God mense gebruik om God se storie op aarde te skryf.

WBanners-jun15-5R

Share