2 Samuel 11:1-15 – Negende Sondag in Koninkrykstyd – 26 Julie 2015

Vir Familietyd kan jy die aangepaste weergawe van Die Boodskap dramaties voorlees. Beklemtoon vir die kinders die feit dat Dawid ‘n ander man se vrou gesteel het. Wat sy sonde erger maak is dat hy dit probeer toesmeer het. Selfs die magtige koning Dawid moes egter God se reëls gehoorsaam. Dieselfde vir ons. Die preekriglyn werk met die stryd van die bekende Christen-outeur, Philip Yancey, om sy geloof te herwin in sy boek Soul Survivor. Hy vertel daarin van dertien sleutelpersone wat hom op sy geestelike reis en pad van geloof gehelp het.

Yancey is nie net eerlik oor sy eie worstelinge en gebreke nie. Hy skroom ook nie om die gebreke en leemtes van sy mentors uit te wys nie. Dit is net so ontstellend soos ons teks van vandag. Hoe is dit moontlik dat koning Dawid so kon sondig, knoei en selfs moord pleeg om uit die moeilikheid te kom? Die verhaal van Dawid leer ons egter dat as ons nie eerlik oor ons sonde kan praat nie, gaan ons dit ook nooit oorwin nie. Daar is hoop vir mense wat hulle eie sonde in die oë kan kyk, dit kan herken en erken, berou daaroor kan hê en hulle lewe verander. Dawid het dit gedoen. Daar is hoop – ook vir sondaars soos ons.

 webbanners-Jul2015R-3

Share