Home » Preke 2015 » Tweede Sondag in Advent – 06 Desember 2015 – Maleagi 3:1-4

Tweede Sondag in Advent – 06 Desember 2015 – Maleagi 3:1-4

In Familietyd kan jy ‘n video wys van iemand wat glas blaas en die inleiding van die preek gebruik as familie-oomblik.  Jy kan ook die ontmoeting van die kinders met die leeu Aslan in C.S. Lewis se boek “The Lion, the Witch and the Wardrobe” gebruik.  Lucy was bekommerd dat hy nie veilig is nie.  “Veilig?” het Mnr. Bewer gesê.  “Wie het iets gesê oor veilig?  Natuurlik is hy nie veilig nie.  Maar, hy is goed.  Hy is die Koning.”  Jy kan ook ‘n gesprek voer oor die waarde van slegte medisyne.  Die preekriglyn werk met die verhaal van Simon, ‘n glasblaser, wat glasprodukte in die vuur van die smeltkroes skep.  In ons teks is reiniging ook ter sprake, omdat die volk van God suiwering nodig het.

Ons teks moedig ons aan om ook ons lewe voor God oop te stel vir suiwering, en om sodoende gestroop te word van alles wat “pronk en sieraad” is. Eerder as ‘n boodskap van straf en verdoemenis, word die teks ‘n uitnodiging tot inkeer en ‘n voorbereiding om die Een te vier wat ons in voorbeeld kom wys het hoe ‘n lewe na God se hart werklik lyk.  Ons is tans in die Kerstyd. Ons vier die koms van die Een wat deur Maleagi en later Johannes die Doper aangekondig is. Die Een wat kom ons ons lewens te vernuwe, deur Woord en Gees.  Laat ons in die Kerstyd bid: O, kom Skepper Gees, o kom Lewende Here Jesus Christus en vernuwe ons!

webbanners_Nov2015-4

Share