Home » Preke 2015 » Derde Sondag in Advent – 13 Desember 2015 – Sefanja 3:14-20

Derde Sondag in Advent – 13 Desember 2015 – Sefanja 3:14-20

Gesels met die kinders oor die “prentjies” wat hulle van God het. Na aanleiding van Sefanja 3 help die kinders om aan God te dink as die God wat glimlag, dit is immers wat hierdie Sondag wil kommunikeer.  Daar is ook ‘n prettige storie van “Uh-oh!” deur Shutta Crum wat jy en die kinders  saam kan vertel.  Die preekriglyn vertel die verhaal van die bejaarde vrou in die Waarheids- en Versoeningskommissietyd wat wys hoe vergifnis en ‘n nuwe kan begin grondvat in ons land. Sy het polisieman Van de Broek vergewe dat hy haar man en kind vermoor het nie, maar hom in haar familiekring ingetrek om hom ‘n nuwe begin te gee.  Sowaar: daar is vergifnis moontlik, selfs vir die grootste sondaars.  Hiervan getuig die profeet Sefanja juis in hierdie Adventstyd.  Die nabyheid van God verseker ons van twee dinge. Dit bring ‘n einde aan die oordeel sodat ons met blydskap deel kan hê aan die vernuwende teenwoordigheid van Jesus. Dit bring ook die herstel en regverdiging van die kerk van die Here teenoor ‘n vyandige wêreld.

MenswaardigheidAd

Share