Home » Preke 2015 » Vierde Sondag in Advent – 20 Desember 2015 – Lukas 1:47-55

Vierde Sondag in Advent – 20 Desember 2015 – Lukas 1:47-55

Bybelmedia se Woord en Fees stel voor dat jy ‘n lied uit die fliek The Hunchback of Notre Dame, met die titel “God help the Outcasts”, gebruik. Die Gypsy-vrou Esmeralda sing ‘n lied aan Maria, waarin sy vra wie na haar mense sal omsien. Of jy kan gesels oor die feit dat God nie gesê het “Maria is maar net ’n jong meisie” nie.  Hy het haar ernstig opgeneem, haar vertrou en vir haar ’n opdrag gegee.

Ook kinders is in staat daartoe om, soos Maria, wonderlike dinge vir God te doen. Vertel dan stories van ander dapper, uitgesproke jongmense, bv. Malala Yousafzai van Pakistan wat die jongste mens is wat nog ooit die Nobelprys vir vrede gewen het, óf Mariah Smith van Hampton, Virginia in die VSA, wat 17 was toe sy hawelose mense begin help het deur haar organisasie, Blankets for the Homeless, óf die skaam 14-jaar oue Aziza Rahimzada wat ’n kragtige stem geword het vir die kinders in Afghanistan se vlugtelingkampe en vanjaar, vier jaar later, genomineer is as een van drie finaliste in die Internasionale Kinder Vredeprys. Die preekriglyn sluit hierby aan en vertel die verhaal van ‘n sewentienjarige Colombiaanse meisie – in die rolprent Maria Full of Grace – wat doelgerig en vasberade ontsnap het uit haglike omstandighede, al moes sy die reëls buig om te oorleef.  Die vraag is waar is God in hierdie Maria, die arm Colombiaanse meisie, se lewe? Is God die outeur van nuwe moontlikhede, soos ‘n mens in haar lewe begin raaksien? Kan ons vandag nog daarop hoop dat God mense uit hulle ellende optel en vir hulle nuwe geleenthede skep? Dit is met hierdie lens wat die verhaal van Maria in die Bybel op die tafel kom en wat ons God se werk in dié wêreld op ‘n ander, meer gevaarlike manier, begin raaksien.

KersGroete

 

Share