Lukas 7:36 – 8:3 – Vierde Sondag in Koninkrykstyd – 12 Jun 2016

Laat die kinders dink aan iets wat hulle graag sou wou doen, maar waarvoor hulle weet hulle in GROOT moeilikheid sal kom. Verduidelik dan die begrip “dankbaarheid”.  Sluit aan by die teks en vertel dat Jesus ons almal vergewe.  Laat hulle met hul hande in die doopwater staan as herinnering van die afwas van sonde.  Die preekriglynwerk met die verhaal van Rogers Cadenhead, iemand wat homself as ‘n ongerehabiliteerde “domeinversamelaar” beskryf. Daarmee bedoel hy die registrasie van allerlei internet-domeine, oor allerlei denkbare temas. Een voorbeeld: toe Pous Johannes Paulus II oorlede is, het Rogers die domeinnaam www.BenediktusXVI.com geregistreer nog voordat die nuwe pous se ampsnaam aangekondig is.

Hy het al die domein gehad voordat die Vatikaan geweet het hulle gaan dit nodig hê. Rogers het egter nie die domein heeltemal gratis prysgegee nie. Daar was tog ‘n paar goed wat hy wou gehad het: Een van die pous se hoede; Gratis verblyf in die Vatikaan se hotel; en Absolute, volledige vergifnis – sonder dat enige vrae gevra word – “vir die gebeure van die derde week in Maart, 1987”. Mens wonder nogal wat in die derde week van Maart 1987 gebeur het? Dalk het jy ook so ‘n week, maand of jaar in jou lewe. Een waarvoor absolute vergifnis nodig is, sonder dat iemand enige vrae vra.  Ons ontmoet so ‘n vrou in ons teks. Iemand wat radikaal vergifnis nodig gehad het. No questions asked.

Mei-webbaniere-2

Share