Home » Preke 2016 » Lukas 8:26-39 – Vyfde Sondag in Koninkrykstyd – 19 Jun 2016

Lukas 8:26-39 – Vyfde Sondag in Koninkrykstyd – 19 Jun 2016

Lees die fokusteks dramaties uit die Die Nuwe Testament vir Kinders. Carolyn Brown suggereer ‘n oefening met verskeie kleure manssokkies wat elke kind oor sy/haar hand trek waarvan een Jesus simboliseer, een Legio simboliseer, en die res is die varke wat teen die helling wei… Die fokusteks word dan opgevoer met die varke wat almal in ‘n denkbeeldige meer van water duik en verdrink! Die preekriglyn lei die boodskap in met die verhaal van die klassieke tjellis Yo-Yo Ma wat sy tjello, met die hand vervaardig in Wene in 1733, gewaardeer teen $2.5 miljoen, in die bagasiebak van ‘n taxi vergeet het.

Ná ‘n groot soektog het hy dit uiteindelik weer gevind.  Kan jy aan jouself indink as die hoofkarakter in ‘n Goddelike soektog? Waar jy die kosbare maar verlore item is wat God koorsagtig gesoek het tot God jou gevind het?  In ons Skrifgedeelte lees ons van so ‘n vasberade soektog. Jesus steek land en see oor om ‘n verlore mens en verlore gemeenskappe te vind. Dit is tegelyk ook ‘n verhaal waarin elkeen van ons hoofkarakters is.

Mei-webbaniere-3

Share