Home » Preke 2016 » Lukas 9:51-62 – Sesde Sondag in Koninkrykstyd – 26 Junie 2016

Lukas 9:51-62 – Sesde Sondag in Koninkrykstyd – 26 Junie 2016

Speel “Follow The Leader” en kombineer dit met ‘n gebedstap in die kerk om vir kinders te leer dat ons vandag nog dissipels van Jesus kan wees. Die preekriglyn begin met die verhaal van Daniel Berrigan wie se lewe gekenmerk is deur ‘n helder roeping en fokus. Hy was ‘n Amerikaanse professor, Jesuïete-priester, digter (15 volumes), outeur van meer as 50 boeke en vredesaktivis. Hy het sy lewe deur gefokus op die goeie nuus van Jesus, sê iemand, eerder as op die slegte nuus van die keiser (die spesifieke party en maghebbers wat aan bewind was). Soos Elia van ouds was hy ook iemand wat mense se gewetes aangespreek en sosiale beroering gebring het – alles op grond van die goeie nuus van Jesus van Nasaret.

Waar het Daniel Berrigan hierdie fokus op die evangelie en die verbetering van menslike lewe ontvang? Waar het hy die kapasiteit ontvang om te ly vir die toekoms wat hy nét met sy geloofsoë kon sien?  Hy het dit by Jesus geleer. In ons teks ontmoet ons hierdie gefokusde Jesus – gefokus op God se roeping en toekoms vir sy lewe. Ten spyte van die ontwrigting wat Jesus se lewensreis van gehoorsaamheid vir Hom ingehou het, het Hy God die Vader gehoorsaam nagevolg.  En Hy nooi ons saam op hierdie reis, vandag nog.

webbanners_Feb2016-2

Share