Home » Preke 2016 » Lukas 10:1-11, 16-20 – Sewende Sondag in Koninkrykstyd – 03 Julie 2016

Lukas 10:1-11, 16-20 – Sewende Sondag in Koninkrykstyd – 03 Julie 2016

Lees die fokusteks uit Die Nuwe Testament vir Kinders met Familietyd en gesels met die kinders oor gasvryheid.  Daar is ook ‘n video.  Die preekriglyn val weg met Jesus se reis tussen Galilea en Jerusalem op pad om sy roeping te vervul. Daar is ‘n goddelike “moet”, ‘n verlossende drang, ‘n vaste beslistheid in Jesus se optrede. Tog bly Jesus steeds mense uitnooi om by Hom aan te sluit en sy volgelinge te word. Waarom? Die ware vrede wat die ewige honger stil, is slegs by Jesus te vind. Daarom kom mense en sluit aan.  Daarom kan geloof nie uitgemoor word nie. Dit is dikwels in die aangesig van die dood dat die getuienis van Jesus se gestuurdes die grootste krag het. In die eerste eeue was die bloed van die martelare die saad van die geloof. Dit is vandag nog só, soos die verhaal van Dmitri op aangrypende wyse wys. Dmitri het ‘n verskriklike reis van stroping beleef. Dit is waar van baie gelowiges in baie dele van die wêreld. Tog kon Dmitri deur wie hy was, en deur die krag van God wat in hom werk, ‘n kragtige getuienis lewe.

Mrt-webbaniere-4

Share