Home » Preke 2016 » Kolossense 1:15-29 – Negende Sondag in Koninkrykstyd – 17 Julie 2016

Kolossense 1:15-29 – Negende Sondag in Koninkrykstyd – 17 Julie 2016

Met Familietyd kan jy Carolyn Brown se gedagtes gebruik om met die kinders te gesels oor wie Jesus regtig is. Ons spel vier dinge van Hom wat uit die teks belangrik is.  Die preekriglyn begin met die verhaal van die bekering van Francis Collins, ‘n briljante, wêreldberoemde medikus en genetikus, wat met sy span biologiese wetenskaplikes die menslike genoom (DNA) ontrafel en beskryf het. In sy lesenswaardige boek, The language of God, vertel hy hoe sy insig en kennis oor biologiese lewe gegroei het, hoe meer is hy gekonfronteer met die misterie van die skepping en die oortuiging dat God die oorsprong van lewe is. Uiteindelik het die majesteit en prag van God se skepping sy weerstand oorweldig en het hy homself aan Jesus Christus oorgegee.

Ons teks gee vir ons ‘n verstommende Bybelse blik op die identiteit van Jesus Christus. Dit is waarskynlik ‘n oud-Christelike lied wat lof bring aan Christus, omdat Hy beide Skepper en beeld van God is, en Verlosser, die Een wat regeer. Dit is nie ‘n teorie of spekulasie nie, maar ‘n feit. Dit is ‘n belydenis in hoop.  Dit vertroos en vermaan tegelyk. Dis vandag nog waar. Aangesien Christus die Here is, is dit nie markkragte, rente- en repokoerse of die president wat in beheer is nie. Christus is die Here. Van gelowiges is Hy in dubbele sin die Here: as Skepper en as Verlosser. Daarom is ons onder sy bevel, wat ons beide vry maak en ons lewens rig en beheer.  Daar is ook ‘n pragtige gebed waarin jy die gemeente kan begelei om dié Jesus as hulle God en Heer te kan bely.

Share