Home » Preke 2016 » Kolossense 3:1-11 – 31 Julie 2016

Kolossense 3:1-11 – 31 Julie 2016

Elfde Sondag in Koninkrykstyd

Vir Familietyd is daar twee stories wat jy kan gebruik om die boodskap van die ou lewe wat met die nuwe lewe vervang moet word – ’n sunlight liquid truuk en ’n verhaal van ’n radio-beheerde karretjie. Die preekriglyn werk met die verhaal van die sanger en seremoniemeester Wayne Messmer wat deur twee tienerseuns deur sy keel geskiet is. Verstommend genoeg was hy na ses maande later weer agter die mikrofoon, maar vertel hy, sy fisiese herstel het baie makliker verloop as sy emosionele en geestelike genesing. Wat uiteindelik gehelp het, was om sy identiteit in Christus in gedagte te hou.

Hy moes vashou aan Kolossense 3 wat onderstreep dat hy saam met Christus uit die dood opgewek is, en daarom vanuit ‘n hemelse perspektief oor die lewe kan dink. Wayne moes Christus, sy Verlosser, vertrou om uiteindelik sy aanvallers te vergewe. Toe hy dit na ‘n lang proses kon regkry, het hy vrede gevind. Hy vertel hoe hy na ‘n tydperk van afsondering, besinning en gebed vry kon kom van die kettings van wraak wat hom aan die aanval vasgebind het.  Dit het hom laat uitreik na die aanvallers en met hulle deel dat sy bitterheid met vergifnis vervang is, omdat hy sy lewe kon herbedink vanuit sy identiteit in Christus.  Dít is waarmee dié gedeelte vir ons almal wil help.

Share