Home » Preke 2016 » Jesaja 1:1, 10-20 – Twaalfde Sondag in Koninkrykstyd – 7 Augustus 2016

Jesaja 1:1, 10-20 – Twaalfde Sondag in Koninkrykstyd – 7 Augustus 2016

Vertel met familietyd die storie van die Eendkerk! Ons sluit ‘n weergawe van Murray Janson in met inkleurprente.  Of jy kan die eksperiment met gekleurde water en bleikmiddel gebruik om vergifnis te demonstreer.  Daar is ook ‘n aktiwiteit om sneeuvlokkies te maak van papier.  Die voor beeld van die Eendkerk lei die preekriglyn in.  Dit illustreer die diskonneksie tussen erediens en lewe. Wat in die erediens van die lewe gebeur pas nie by die Godsontmoeting van die erediens nie.  Vir kinders van God, mense wat binne die ruimte van genade leef, is ‘n diskonneksie tussen lewe en erediens altyd ‘n krisis.  Wanneer ons lewens nie erns maak met die beloftes van God, en ons lewensstyl nie pas by die gebooie van God nie, is dit tyd vir berou, bekering en hertoewyding aan God.  Dit is dan ook die worsteling van ons teks wat vir ons gaan help om onsself weer toe te wy aan die Here alleen.

Klik hier om Word-aanbieding af te laai
Klik hier om PowerPoint-aanbieding af te laai

Julie-webbanners-1

Share