Home » Preke 2016 » Joël 2:23-32 – Drie en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 23 Oktober 2016

Joël 2:23-32 – Drie en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 23 Oktober 2016

Daar is verskeie maniere wat jy dié gedeelte in Familietyd kan hanteer. Ons gee ‘n kindervriendelike teks oor die verhaal van die gebed van die Fariseër en die tollenaar in die tempel.   Dit beklemtoon die feit dat ‘n mens niks by God kan verdien nie. Jy kan di took illustreer met ‘n voorbeeld van lekkers of met Stephan Joubert se bydrae by Ekerk oor “selfies”. Die Fariseër is so behep met sy eie verdienste dat hy inderdaad net met ‘n “selfie” besig is!  Die preekriglyn begin met die verhaal van

Shawna Pilat en haar man Rick se bekering. Rick wat eers later tot bekering gekom het, sê: “Dit was eers later dat ek besef het hoe belangrik berou is, en om die vergifnis van God deur Jesus Christus te aanvaar.” Daardie dag het Rick huis toe gegaan en vir sy vrou gesê: “Ek kan nou die man wees wat jy nodig het.”  Bekering word dan in die preekriglyn as drie bewegings uitgespel aan die hand van Joël se boodskap.Die toppunt van die belofte is egter geestelik: “Wanneer dit alles gebeur het, sal Ek my Gees laat kom op al die mense …” Die Here herstel só hulle geestelike gemeenskap met Hom.

sept-webbanners-r-12sept-3

Share