Home » Preke 2016 » Haggai 1:15b – 2:9 – Vyf en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 6 November 2016

Haggai 1:15b – 2:9 – Vyf en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 6 November 2016

Ons begin met ‘n gespreksvraag aan die kinders oor kere wat niks vir jou reg verloop het nie en koppel dit dan aan dié verhaal van Haggai. Die teks uit Haggai wil ons bemoedig om moed te skep, want die Here is by ons!  Daar is ‘n ook inkleurprent van ‘n ruïne en ‘n voltooide kerkgebou wat jy kan gebruik in die proses.

Die preekriglyn sluit aan by die gebed van Sir Francis Drake seevaarder en ontdekkingsreisiger van formaat, in 1577: “Disturb us, Lord, when we are too well pleased with ourselves, when our dreams have come true because we have dreamed too little, when we arrive safely because we have sailed too close to the shore. Disturb us, Lord, when with the abundance of things we possess, we have lost our thirst for the waters of life; having fallen in love with life, we have ceased to dream of eternity; and in our efforts to build a new earth, we have allowed our vision of the new heaven to dim.  Disturb us, Lord, to dare more boldly, to venture on wider seas where storms will show your mastery; where losing sight of land, we shall find the stars. We ask you to push back the horizons of our hopes and to push us into the future in strength, courage, hope, and love.” (ook in Afrikaans ingesluit).

Daar kom inderdaad ‘n punt waar mense se durf, moed, energie en visie so taan, dat ons inderdaad moet bid: “Verontrus ons Here, skep ‘n heilige ontevredenheid in ons, sodat ons tot aksie kan oorgaan en u wil kan doen!”  Dit is die boodskap van Haggai.

oct2016-webbanners_19oktr-5

Share