Home » Preke 2016 » Lukas 21:5-19 – Ses en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 13 November 2016

Lukas 21:5-19 – Ses en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 13 November 2016

Hierdie is ‘n moeilike gedeelte om aan kinders oor te dra. Jy kan dalk fokus op die gedagte dat Jesus sê dat dit nie gaan oor “goed” (“stuff”) nie.  Dit gaan om die nuwe ding wat God doen.  Dis nie geboue – selfs kerkgeboue – wat belangrik is nie.  Geboue hou nie.  Dit is ons liefde vir God wat blywend is.  Of gesels oor die idee van “when the going gets tough, the tough get going” – om te volhard wanneer dinge moeilik is.  Gebruik die ingeslote verhaal van Sharon Blezzard.  Die preekriglyn begin met agtergrondinligting oor die tempel om Jesus se toespraak in konteks te plaas.  Hierdie lang toespraak is gerig aan sy dissipels, aan die binnekring, die kerk, hulle wat hul vertroue op Jesus stel en aan Hom getrou bly.  Hy leer hulle dat die tydtafel na die einde toe nie vir Hom ‘n prioriteit is nie.  Hy wil eeder hê dat hulle sy instruksies uitvoer, beide die negatiewe (moenie mislei word nie) as die positiewe (gebruik krisisse as geleentheid vir getuienis).  Dit is in hulle volharding in sy riglyne wat hulle redding lê.

oct2016-webbanners_19oktr-2

Share