Home » Preke 2016 » Lukas 23:33-43 – Sewe en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – Sondag van Christus die Koning – Feesdiens – 20 November 2016

Lukas 23:33-43 – Sewe en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – Sondag van Christus die Koning – Feesdiens – 20 November 2016

Jesus regeer met ’n kruis, nie met ’n swaard nie. Gebruik ’n swaard wat ’n redelike lang dwarsstuk het, sodat as jy dit met die lem-kant na onder op hou, dit soos ’n kruis kan lyk. Vertel dan in jou eie woorde die storie van Jesus se kruisiging en maak die punt dat Jesus die swaard kon gebruik het om mense te straf. Maar Hy doen nie dit nie, verduur die lyding van die kruis, sodat Hy vir almal wat in Hom glo, die lewe kan gee.

Selfs die een moordenaar aan die kruis, wat ook met die swaard gelewe het, kan saam met Jesus in die Paradys wees, omdat Jesus hier aan hom genade bewys. Die preekriglyn begin met ‘n fokus op die heerlike, bevrydende koningskap van Christus soos dit geïllustreer, uitgespel en verhelder word deur die kruis op Koninkryksdag. Die teks word uitgelê as’t ware as ‘n klompie foto’s, wat elkeen ‘n aspek van die kruistoneel weergee. Dit is soos verskillende kameraskote wat elkeen uit ‘n spesifieke hoek iets van die kruisgebeure uitbeeld waaruit die diep betekenis daarvan met die gemeente gedeel kan word.

sept-webbanners-r-12sept-5

Share