Home » Preke 2016 » Matteus 24:36-44 – Eerste Sondag in Advent – 27 November 2016

Matteus 24:36-44 – Eerste Sondag in Advent – 27 November 2016

Verduidelik die konsep van Advent as tyd van afwagting. Jy kan die storie “Who is Coming to Our House” deur Joseph Slate gebruik.  Gesels oor die afwagting voor ‘n lekker vakansie waarna jy al lank uitsien.  Jy kry alles reg, pak solank in, sit alles gereed.  Wanneer jou ouers jou môreoggend vroeg wakker maak, is jy gereed om net te klim.  Jesus sê ons moet gereed wees vir wanneer Hy weer kom.  Dit beteken dat ons Hom liefhet, sodat ons gereed is wanneer Hy kom.  Die preekriglyn begin met die verhaal van Arne Faydherbe, ‘n burger van Mauritius, wat nege inbrekers verras toe hy na ‘n aand uit by sy luukse huis in Llandudno (naby Houtbaai) arriveer.

In die proses beland een in die water en Arne moes hom red: “Ek kon tog nie sien dat hy hier voor my oë verdrink nie.” Skaars uit die water, dreig die rower weer vir Arne. Arne vervies hom vir die ondankbare vent, en stamp die rower daar en dan terug in die swembad in. Gelukkig het polisie betyds opgedaag om die dief van die water en die woedende huiseienaar te red.  Arne sê agterna hy was kwaad, maar nie verras deur die roof nie.  Hy het homself ingestel op die moontlikheid van ‘n inbraak.  Die diewe het hulle rieme styf geloop, want Arne was gereed vir hulle.  Die verhaal, hoewel ‘n bietjie aweregs, dra die boodskap dat ons in eie konteks altyd gereed moet wees vir die Here Jesus se wederkoms.  Waaksaam en gereed.  Nie om te veg nie, maar om in die vreugde van die Here in te gaan.  Vier dit hierdie Adventsondag!

SEPT-webbanners-1

Share