Home » Preke 2016 » Matteus 11:2-11 – Derde Sondag in Advent – 11 Desember 2015

Matteus 11:2-11 – Derde Sondag in Advent – 11 Desember 2015

Jan Richardson het ‘n pragtige kunswerk geskep oor Johannes wat deur die donker tronk tralies die lig sien. Voorbeeld ingesluit.  Dit is waarskynlik te ingewikkeld vir kinders, maar dis ‘n pragtige refleksie om óf met die gemeente te deel óf in die liturgie in te werk.  Vir families kan die fokus op Jesus se verjaarsdag val.  Daar is kreatiewe idees hoe om dit prakties te maak vir die kinders.  Die preekriglyn lei in met die verhaal van Ken Mansfield die bestuurder van Apple Records, die uitgewers van die Beatles se musiek in die VSA. Voordat hy besluit het om Jesus as Here en Verlosser te volg, sê Mansfield, was sy Bybel die musiek-industrie se glanstydskrifte, was grafieke van plaatverkope sy God, en sy lewensdoel om posisies van prestige in die lewe te bereik. ‘n Grammy-toekenning was sy verlosser, en die beloofde land ‘n posisie op die toppunt van die plate-industrie. Hy wou ‘n magtige sakeman wees, ‘n sukses, iemand na wie ander met bewondering gekyk het.

Na sy bekering het Mansfield besef hoe leeg die lewe saam met die Beatles was, in vergelyking met ‘n lewe volgens die weg van Jesus. Die Vader, Seun en Heilige Gees is die bron van die lewenskoers wat hy nodig gehad het, vertel Mansfield later. “Ek het ‘n kaart nodig gehad, ‘n joernaal met helder instruksies, reiswysers waarna ek kan kyk – ‘n gidsboek wat my onrustige gees kon aanspreek. Ek het ‘n Boek met soveel krag nodig gehad dat die woorde daarvan op die kern van my hart ingegraveer kon word. Ek het die onweerlegbare, heilige Woord van God nodig gehad: woorde van die almagtige Vader, die skepper van die oseaan van die lewe waarop ek so verlore was.” Dit gee ‘n uitstekende inleiding om oor Johannes die Doper se ervaring en evaluering van Jesus se bediening te gesels en vandaar die brug na vandag te slaan en die betekenis van Jesus as Messias op ‘n nuwe manier vir ons te belig.

novweb-banners-1

Share