Home » Preke 2016 » Matteus 1:18-25 – Vierde Sondag in Advent – 18 Desember 2016

Matteus 1:18-25 – Vierde Sondag in Advent – 18 Desember 2016

Die versoeking is dikwels om vir kinders “lessies” uit die Bybel te haal. Wanneer ons egter te veel fokus op die “lessies”, vergeet ons soms om die Bybelverhale self vir die kinders te leer. Daarom stel ons voor dat jy gewoon die verhaal van Josef vir die kinders vertel.  Jy kan vingerpoppies maak om te gebruik wanneer jy die storie vertel.  Die preekriglyn lei in met die feit dat in die Adventstyd / Kerstyd ons die feit vier dat God in Jesus Christus die wêreld aangeraak het. Niks is meer dieselfde nie, want God het in die gestalte van ‘n mens op aarde aangekom. Ons ontvang vergifnis van sonde en God gee ons hoop. Ons teks beklemtoon dit is hierdie wêreld, wat jy met jou sintuie waarneem, wat God kom verander. Ons glo nie in ‘n sprokie of ‘n mite, ‘n mooi verhaaltjie van eendag lank-lank gelede nie.  Gewone mense word in hierdie drama betrek. ‘n Gewone maagd raak swanger, ‘n ewe gewone man hoor die blye boodskap en ontferm hom oor Maria en haar seun, wat deur God verwek is. Dit gebeur deur die tussenkoms van die Heilige Gees, wat die nuwe lewe in Maria wek.

novweb-banners-10

Share