Home » Preke 2016 » Johannes 1:1-14 – Kersfees 25 Desember 2016

Johannes 1:1-14 – Kersfees 25 Desember 2016

Wys ’n video van die Kersverhaal van kinders wat die Kersverhaal vertel en opvoer, of ‘n animasie, vertelling wat voorlesings is van die relevante Skrifgedeeltes. Voorbeelde ingesluit.  Op Kersoggend is kinders ook opgewonde oor die geskenke wat hulle gekry het.  Wys iets wat jy gekry het.  Vra wat hulle gekry het.  Party sou dit saamgebring het – laat hulle dit vir die gemeente wys.  Wees saam met hulle bly en opgewonde.  Herinner hulle dan dat die groot geskenk wat ons kry, Jesus is.  God het in Jesus mens geword, sodat ons God deur Jesus kan ken en dien.  Daarom gee ons onsself vir God.  Jy kan sterretjies op die kinders se voorkoppe plak, of ’n bietjie body glitter op hul voorkoppe vryf.  Daarmee vier ons dat ons doop bevestig dat ons God se kinders is én dat ons onsself vir Jesus gee.  Die preekriglyn vier die begin van die evangelie in Johannes wat Jesus as die Woord van God aan ons bekendstel. Johannes begin dus nie by Jesus se geboorte nie. Hy begin ook nie met ’n geslagsregister wat Jesus binne die geskiedenis van die mens en Israel sou plaas nie (anders as Matteus). Hy begin selfs nie by Jesus se betrokkenheid by die skepping waarvan die Psalms (33:6) en die Pentateug (Gen. 1:3) vertel nie (anders as Lukas). Hy begin by God se tyd, die ewigheid, voordat alles gemaak is, voordat daar selfs iets soos ons tyd was.  Jesus is die Woord (logos) van God. Jesus is nie net goddelik nie, maar Godself. Uit Hom is alles gemaak, want Hy was die lewe van alles (Kol 1:16). En dit skyn soos ’n lig in die duisternis wat ons lewens verlig.

novweb-banners-3

Share