Jesaja 42:1-9 – Eerste Sondag ná Epifanie – 8 Januarie 2017

Gesels oor “sagmoedigheid” – of dalk eerder “sagtheid”. Help kinders om te verstaan dat “sagtheid” en “krag / om sterk te wees” dikwels saamgaan.  Om “sag” te wees, is nie gelyk daaraan om “swak” te wees nie.  Verduidelik dat dit is hoe Jesus is – sag of sagmoedig.  Lig gedeeltes uit die Jesaja-teks uit wat dit beklemtoon – of laat gesinne die teks saam lees en gedeeltes uitlig wat Jesus se sagtheid bevestig.  En aangesien kinders versot is op pleisters, kan jy vir elkeen ’n pleister plak om hulle te herinner dat Jesus saggies met hulle werk.  Die preekriglyn val direk weg met dié dag, op die oewer van die Jordaanrivier, at ‘n groot dag in die lewe van die Triniteit afgespeel het. Dit vorm die inleiding om oor die liedere oor die Dienaar van die Here in Jesaja na te dink.  Hy bring die geregtigheid van God in ‘n wêreld wat siek en gebroke is.  Hierdie Dienaar is soveel anders as die wêreld. Hy is kalm en rustig, sag en stil. Hy breek niemand verder af nie, Hy manipuleer, dreig en pleeg nie geweld nie. Vir Hom heilig die doel nie die middele nie. Hy leer ons leef op ‘n manier wat genees en vry maak. Hy is ‘n Koning wat nie oorheers nie, maar dien.  Hoe sal ons reageer? “Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het (Ef. 1:6).

novweb-banners-7

Share