Jesaja 49:1-7 – Tweede Sondag ná Epifanie – 15 Januarie 2017

Vir Familietyd kan jy die gedig in die preekriglyn voorlees en dit koppel aan die ingeslote voorbeeld van die “Astro’s in die pyp”. Daarmee kan Jesaja se roeping om die seën van die Here vir al die volke te bring, geïllustreer word. Hy was net die kanaal waardeur God se krag gevloei het.  Die preekriglyn begin met ‘n toneel uit Karin Brynard se roman, Tuisland, waarin ‘n bruin vrou, Kytie, op vlug is met ‘n kind, wat as Tienrand bekendstaan, in die Kalahari. Hulle pad kruis met ‘n man wat in Khoisan tradisionele drag en versiering soos ‘n mens-dier lyk wat hulle op allerhande maniere help in gevare. Dit verskaf ‘n goeie inleiding om oor die Dienaar van die Here se werk te gesels aan die hand van Jesaja 49.

Sy mond is soos ‘n skerp swaard wat soos die chirurg se skalpel kwaad en gevaar wegsny, sodat daar genesing kan kom.  Hy is ook soos die pyl van die Here, wat tans nog in die Here se pylkoker is. ‘n Pyl is ‘n instrument in die hande van ‘n boogskutter. Met ‘n pyl kan ‘n boogskutter oor ‘n afstand werk, om te doen wat hy wil doen. So het die mens-dier in Kytie se verhaal hierbo oor ‘n afstand die onheil, in die vorm van ‘n slang, uitgewis. Die kind, Tienrand, het onwetend in die woestyn tot naby ‘n gevaarlike slang geloop. Die boogskutter het haar met sy pyl gered.  So gaan die Dienaar van die Here God se instrument wees wat God se werk op aarde gaan doen.

Dec-web-banners 11

Share