Miga 6:1-8 – Vierde Sondag ná Epifanie – 29 Januarie 2017

Verduidelik vir die kinders wat ‘n juk is. Lees dan Matt 11:28-30 en vertel vir die kinders dat party mense dink dat God se wil soos ‘n juk is – iets wat swaar op ons druk, ons vasbind en seermaak.  Maar God is nie so nie – hy is lief vir ons. Dat sy juk sag is beteken dat dit ‘n vreugde is om die Here te dien- dit is nie swaar en ‘n las nie. Gebruik dan die teks van Miga om daarop uit te brei. Dit preekriglyn lei met die verhaal van Jimmy Carter in, die 39ste president van die VSA, wat sy ampseed op 20 Januarie 1977 afgelê het met ‘n Familiebybel wat oopgemaak was by Miga 6:8. Na Richard Nixon se toesmeerdery en leuens oor die Watergate-skandaal was dié keuse nie verniet nie.  Amerika was ‘n diep-verdeelde land met wantroue in politieke leiers wat hoogty gevier het.  Carter het weer teruggekeer na Bybelse waardes en was soos ‘n vars briesie op die nasionale politieke toneel.  Want Miga verwag van ons om op alle vlakke van die lewe op te tree soos Hy dit wil hê: of ons politici is, soos Jimmy Carter, of onderwysers, medici, prokureurs, boere, sekretaresses of pensioenarisse.

NOVweb-banners-2

Share