1 Korintiërs 2:1-12 – Vyfde Sondag ná Epifanie – 5 Februarie 2017

Carolyn Brown sê dat die Korintiërs “wys” wou wees volgens die wêreld se standaarde. Ons – ook kinders – wil graag “wys” of “slim” lyk vir die mense rondom ons.  Paulus sê ons moet vergeet daarvan.  Ons word eerder herinner dat wat “wys” lyk vir die wêreld, nie is wat “wys” lyk vir God nie.  ‘n Lekker storie om te gebruik is die van The Tawny Scrawny Lion, deur Kathryn Jackson.  Dit vertel van ’n skynbaar dwase haas wat ’n honger leeu hanteer op ’n manier wat op die ou end baie wys is.  Hy kry op die koop toe ook ’n nuwe vriend.  Die preekriglyn sluit by Donald Trump se opstaan vir Jesus in Kerstyd aan wat met gemengde gevoelens ontvang kan word.  Mens kan immers vir Jesus opstaan op ‘n manier wat glad nie pas by Hom nie. Dit was ook so in Paulus en die Korintiërs se tyd.  Daarom kies Paulus om nie volgens die wysheid van sy tyd op te tree in Korinte nie, maar met angs en huiwering by die kruisboodskap van Jesus aan te sluit.  Slegs daardeur staan sy bediening in die krag van God.

Dec-web-banners 12

Share