1 Korintiërs 3:1-9 – Sesde Sondag ná Epifanie – 12 Februarie 2017

Met Familietyd kan jy die ingeslote Nuwe Testament vir Kinders weergawe van die fokusteks lees. Daar is ook ’n blokkiesraaisel vir ouers kinders. Daar is ook ’n innoverende hervertel van die verhaal van die wolf en die drie varkies. Die preekriglyn begin met ‘n voorbeeld wat ons help verstaan dat baie volwassenes geestelik en emosioneel sukkel om uit die doeke uit te kom. Paulus praat in ons teks hieroor met die gemeente in Korinte. Hulle is nog in die doeke. Sy maatstaf daarvoor is dat daar jaloesie en twis onder die Korintiërs voorkom en dat hulle in partyskappe verdeel is, sommige vir Paulus en ander vir Apollos.  Daarom kan hy nie met hulle oor die diep dinge van God praat nie.  Hulle is nog net gereed vir melk. Wanneer leiers nie teen mekaar afgespeel word weens die onvolwassenheid van die gelowiges nie, kan vertroue in en betroubaarheid van die leiers die gelowiges dieper neem op pad na geestelike volwassenheid.

NOVweb-banners-8

Share