2 Petrus 1:16-21 – Sondag van die Verheerliking – 26 Februarie 2017

Daar is ‘n oulike skit wat jy kan gebruik wat die belang van ooggetuies illustreer. Die preekriglyn begin met die verhaal van Ema Drouillard van San Francisco wat vir mense seremonies uitwerk wat by hulle behoeftes pas. Sy ontwerp selfs doopseremonies waarin die Naam van God nooit genoem word nie. Daarmee voldoen sy aan die aanvraag van mense wat hulle kinders aan ‘n wye spektrum van geloof wil blootstel, sonder om vir die inhoud van net een godsdiens te kies.  Die Christelike geloof bou egter op die openbaring van God in Jesus Christus van Nasaret, gestuur deur die Vader en bemagtig deur die Heilige Gees, sê Petrus. Ooggetuies het God se werk in Jesus waargeneem en dit neergeskryf.  As jy hierteen kies, en die afgewaterde Christianity Lite van feetjies, dwergies, engele en Kersvader kies, speel jou lewe en jou verwagtinge duidelik anders uit.  Dit is waaroor 2 Petrus handel. Die brief het ten doel om gelowiges te help om die regte keuses te maak, op grond van die regte feite en data, met die belofte dat dit tot ‘n heerlike bestemming sal lei.

Dec-web-banners 11

Share