Johannes 14:1-14 – Vyfde Sondag van Paastyd – 14 Mei 2017

Lees die fokusteks uit Die Nuwe Testament vir Kinders en gesels met die kinders oor Jesus wat gesê het: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Daar is ook ‘n doolhof wat dié boodskap onderstreep.  Dit preekriglyn vertel die verhaal van Kathy, een van dertien kinders in ‘n poligamiese gemeenskap, ‘n splintergroep van die Mormone. Haar geloof in die leier en profeet is gebreek toe niks van sy profesieë waar geword het nie.  Jare later het sy God in Jesus ontdek toe sy die Bybel saam met gelowiges begin lees het en die waarheid kon onderskei dat Jesus die lewe skenk. Sy hoef nie volmaak te wees om te kwalifiseer nie. Sy moes dit net in geloof ontvang. Dit is ook die boodskap van vandag se teks.  Jesus is die weg na die Vader, presies omdat Hy die waarheid van God en die lewe van God is. Hy beliggaam die hoogste openbaring van God. Hy sê en doen net wat die Vader sê.  Omdat Jesus die waarheid en die lewe is, kan Hy die weg wees vir mense na die Vader en na die vele woonplekke by die Vader. Hy wys nie net die pad nie, Hy is die pad.

 

Share