Johannes 14:15-24 – Sesde Sondag van Paastyd – 21 Mei 2017

Storietyd! Koop Ben Clanton se “It came in the mail” op Kindle.  Jy kan dit direk van jou kindle desktop app op jou rekenaar op die skerm gooi, of neem “screenshots” en sit dit in powerpoint.  Om gehoorsaam te wees aan Jesus se opdrag om mekaar lief te hê, moet ons eers ons eie identiteit verstaan:  ons is kinders van God vir wie God lief is. Wanneer ons God se liefde ken, loop ons oor daarvan.  Die Gees help ons om hierdie liefde te deel.  Die posbus in hierdie storie laat ‘n mens dink aan die Gees en hierdie idee van liefde.  Liam is oorweldig deur die gawes wat die posbus vir hom stuur.  Wanneer hy die oorvloed van gawes besef, soek hy die posbus se hulp om dit ook met ander te deel.  Hierdie storie herinner ons dat ons nie God se liefde vir onsself kan hou nie, maar geroep is om dit met mense naby en ver te deel.

Daar is ook volledig uitgewerkte lesse vir verskillende ouderdomsgroepe gebasseer op vandag se teks en nog ander hulpmiddels.  Die preekriglyn lei in met die verhaal van Sydney Carton uit Charles Dickens se klassieke A Tale of Two Cities, ‘n verhaal oor die Franse Revolusie wat sy lewe namens ‘n vriend aflê en wat in ‘n meisie wat saam met hom die dood tegemoet stap ‘n reisgenoot vind. Dis waaroor ons teks gaan. In die krisisuur op die vooraand van sy sterwe, verseker Jesus se dissipels Hy gaan hulle nie alleen laat nie. Hy sal vorentoe self by hulle wees, hoe swaar hulle ook al getoets sou word. Hy stuur ‘n ander Voorspraak, Een om hulle hande te kom vashou, hulle te versterk en te bemoedig, hulle in gemeenskap met Vader en Seun te laat leef, en hulle te help om Jesus se gebooie uit te voer.

Share