Handelinge 1:1-11 – Hemelvaart – 25 Mei 2017

Hierdie preekriglyn begin met die ware verhaal van Kumar, ‘n Christen in Suid-Indië wat van sy familie genooi het na ‘n Billy Graham evangeliese uitsending. Dit was geen geringe versoek nie, want ‘n busrit van 13 ure het hulle geskei. Hoewel uit die veld geslaan, stem hulle in tot die versoek, want Kumar sou daarvoor betaal. Na die uitsending getuig Kumar teenoor die familie hoe hy Jesus as Here en Verlosser gevind het, en sy vertroue op Jesus geplaas het. Die familie kyk toe op ‘n vreemde manier na mekaar en vertel toe dat hulle so pas hulle inkomste en huis verloor het.  Hulle het geen ander heenkome gehad nie en het besluit om die volgende dag saam hulleself om die lewe te bring.  Met dié uitsending het alles egter skielik verander. Hulle kon die toekoms met moed tegemoetgaan.  Dit is waarvan Handelinge 1 ook vertel.  Ja, vandag nog verander die lewende Here lewens.

Share