1 Korintiërs 12:3b-13 – Pinksterfees (Omgewingsondag) – 4 Junie 2017

Met familietyd kan jy tien kinders gebruik om “Ek het jou lief” in tien verskillende tale vir die gemeente te sê met plakkate. Dit kan ‘n gesprek inlei oor die impak van hierdie boodskap in verskillende tale.  Ons vier immers vandag die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag. Hoewel die Heilige Gees reeds vroeër in die Ou Testament werksaam was, word die Gees op Pinksterdag in oorvloed deur die Vader en die Seun oor al die die gelowiges uitgestort.  Daarom word van die uitstorting van die Heilige Gees ook as die geboorte-uur van die Nuwe Testamentiese kerk gepraat. Vroeër vertel die Bybel van die era van God (die Vader) as die Skepper. Ons vier dus vandag ‘n ongelooflike groot gawe wat vryelik aan die kerk gegee is: die gawe van die Heilige Gees, wat vir eeue deur die Vader beloof was.

Share