Psalm 8 – Eerste Sondag in Koninkrykstyd – Drie-eenheidsondag – 11 Junie 2017

Soos Carolyn Brown sê: “this may be a better week to celebrate God than to explain God”. Gesels oor hoe God meer is as wat ons ooit sal verstaan. Of sluit aan by Psalm 8 en lees die super-pragtige When God Made You deur by Matthew Paul Turner en David Catrow op Kindle. Of gebruik die voorbeeld van ‘n eier om oor die Drie-eenheid te verduidelik. Die preekriglyn begin met ‘n beskrywing van hoe ongelooflik die lastige huisvlieg gemaak is, een van die mees vaardige vlieëniers op planeet aarde. Hy klop enige voël, vlermuis, of insek, selfs bye.   Dink daaraan en preek dan oor die feit dat as vlieë, van die nederigste wesentjies wat daar is, so wonderbaarlik is, hoe wonderbaar is die mens nie – wat God net minder as ‘n goddelike wese gemaak en met eer en heerlikheid gekroon het.

Share