Home » Preke 2017 » Matteus 22:15-22 – Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 22 Oktober 2017

Matteus 22:15-22 – Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 22 Oktober 2017

Die kern van die fokusteks is opgesluit in die verse oor die muntstuk. Vertel daarom iets van die ontwikkeling van betaalmiddels en hoe dit in die NT gewerk het aan die hand van die ingeslote inligting. Ons teksgedeelte speel af in Jesus se laaste week voor sy teregstelling en dood aan die kruis. Die preekriglyn vertel iets meer van wat alles in daardie Heilige Week gebeur het sowel as die vier twisgesprekke met die Jode. Jesus se wysheid snoer egter die monde. Daarmee word Jesus se identiteit as leermeester op ironiese wyse deur die Fariseërs bevestig. Jesus is inderdaad die laaste woord van waarheid. Die kerngedagte van hierdie Skrifgedeelte onderstreep die boodskap van getrouheid aan jou Leermeester.

Share