Home » Preke 2017 » Matteus 25:31-46 – Ses en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – Sondag van Christus die Koning – 26 November 2017

Matteus 25:31-46 – Ses en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – Sondag van Christus die Koning – 26 November 2017

Hierdie kan ‘n lekker teksgedeelte wees om op te voer. Jy kan ook die heerlike storie van Vader Panov deur Tolstoy vertel. Panov bid dat hy graag die Here wil ontmoet. Deur die dag ontvang hy allerhande mense. Wanneer hy dan in die aand wonder waar die Here was, word hy herinner dat die Here daar was in die mense wat Panov gehelp het. Die preekriglyn begin met die die verhaal van Patricia Miller wie se hart in vyf jaar tussen die nood van ongevalle totaal afgestomp het. Totdat die Here haar oë oopgemaak het deur die ma van ‘n jong vrou wat ‘n oordosis dwelms geneem het. Dit is ook waartoe ons teks ons nooi, om in liefde uit te reik na dié wat ons nodig het. Hopelik laat hierdie gelykenis ons met nuwe oë en erns kyk na die eenvoudige dade van liefde aan ons medemens in nood. Wie weet, daardeur bevind jy jouself heel moontlik in koninklike geselskap.

Share