Home » Preke 2018 » Psalm 9:9-20 – Vyfde Sondag in Koninkrykstyd – 24 Junie 2018

Psalm 9:9-20 – Vyfde Sondag in Koninkrykstyd – 24 Junie 2018

Daar is ’n diagram waarin sleutelwoorde uit die fokusteks weggesteek is vir Familietyd. Die preekriglyn lei in met ‘n fokus op die verskillende emosies wat in die Psalm voorkom. Daar is dank, lof, blydskap en vreugde. Daar is ook leed, klag en selfs woede. Dit is duidelik dat die digter ‘n intieme en persoonlike verhouding met God het wat hom vreugde gee. Maar daar is mense (vyande, magte) wat sy vrede en vreugde steel. Daarom is daar voortdurend beweging en polariteit in die psalm. Die een oomblik loof hy die Here vir sy goedheid, die volgende oomblik vloek hy sy vyande. Aan die een kant is daar lof en dankbaarheid teenoor die Here vir sy goedheid en guns. Aan die ander kant kla hy oor die leed en ellende wat mense hom aandoen. Hierdie besondere dinamiek in Psalm 9 open diep perspektiewe op geloof. Hier is nie ‘n eenvoudige, romantiese teologie van sekerheid en “alles-sal-ok” wees nie. Dit is eerder ‘n teks wat die donker kant van die lewe met God en ander, asook die veelkantigheid van geloof, verwoord.

Share