Home » Preke 2018 » Markus 5:21-43 – Sesde Sondag in Koninkrykstyd – 1 Julie 2018

Markus 5:21-43 – Sesde Sondag in Koninkrykstyd – 1 Julie 2018

Dit is heeltemal voldoende om gewoon die Bybelverhale vir kinders te vertel, sonder om ‘n morele lessie daaruit te probeer haal. Daar is skakels na mooi prente uit ‘n Kinderbybel en na ‘n video uit die Jesus Storybook Bible met ’n hele les-plan met hulpmiddels. Daar is ook skakels na’n direkte voorlesing uit die CEV Bybel, nét van die dogtertjie se verhaal. Les bes, daar is ook ‘n inkleur-uitknip aktiwiteit om te maak terwyl die kinders luister na die preek. Die preekriglyn sluit aan by die onlangse studiestuk waaraan kerke reg oor die wêreld saamgewerk het. Hulle het gevra waarmee God op aarde besig is? Waar kan mens God verwag? Die gevolgtrekking was dat God lewe gee, ware lewe, lewe in oorvloed. Lewe vry van sondebande, herstelde lewe in verhouding tot God, tot mekaar en tot die wêreld. In ons teks van vandag sien ons hoe Jesus lewe bring vir mense wat sukkel en kwyn. Ons sien hoe Jesus mense aanraak en vir hulle lewe in oorvloed bring. Waar God beweeg, floreer lewe in sy volste en rykste betekenis.

Share