Markus 7:1-8, 14-15 – Vyftiende Sondag in Koninkrykstyd – 2 September 2018

Lees die eerste deel van die fokusteks uit Die Nuwe Testament vir Kinders. Dink saam met die kinders oor wat Jesus gesê het en nie gesê het nie… oor hande was, en geloof. Dit gee ‘n goeie inleiding vir die preekriglyn wat inlei met die feit dat eer en skaamte belangrike waardes wa binne die Mediterreense wêreld waarbinne die Nuwe-Testamentiese gebeure afspeel. Mense se eer was afhanklik van hulle goeie naam in die openbaar. Eer kon onder andere verwerf word deur openbare debatte. Hier het mense mekaar uitgedaag tot debatvoering en twisgesprekke. Die uitdaging het gewoonlik begin met ‘n vraag gevolg deur ‘n opmerking in die vorm van ‘n belediging of beskuldiging. Indien die een wat uitgedaag is nie met ‘n goeie teenvraag of antwoord kon kom nie, het hy/sy die strydgesprek verloor. Aan die einde van so ‘n debat is die wenner gewoonlik bepaal deur die aanwesiges se applous of hulle mondelinge opmerkings oor wie die wenner volgens hulle oordeel was. Ons Skrifdeel beskryf sodanige situasie. Jesus kom egter in die teksgedeelte nie met ‘n direkte oplossing vir die probleem na vore nie. Hy kom uitlig uit dat uiterlike gebruike nie die mens gaan verander nie, maar die koninkryk van God wel. In Jesus is die voorskrifte en gebruike van die ou verbond voltooi, sodat navolgers van Jesus op ‘n nuwe manier in God se koninkryk kan leef. Dit verander hoe ons die Bybel lees en ons leefstyl vandag as Christene in God se nuwe wêreld.

 

Share