Markus 7:24-37 – Sestiende Sondag in Koninkrykstyd – 9 September 2018

Soos altyd met verhalende tekste, is dit belangrik dat die kinders gewoon die verhaal hoor.  Lees dit dramaties voor uit ‘n kinder-vriendelike Bybel.  Kry twee lesers wat op verskillende plekke in die kerkgebou staan, om die twee verhale te lees. Of laat kinders jou help met die skriflesing.  Wys verskillende karakters aan.  Terwyl jy die teks lees, laat hulle die gebeure opvoer.  Imprompto werk goed, veral as jy ‘n paar vrymoedige kinders in die gemeente het. Ingesluit is ‘n oulike idee vir ‘n aktiwiteit, waar kinders gesigte met lang tonge kan maak, wat by die tweede deel van die skriflesing pas. Hierdie kan ook ‘n goeie geleentheid wees om te gesels oor die maniere waarop julle gemeente en eredienste toeganklik is vir gestremde mense. As jy ‘n storie wil vertel, kan Horton Hears a Who goed werk – die boek, waarvan daar ook ‘n paar jaar gelede ‘n fliek gemaak is.  Video en ‘n inkleurprent van Horton ingesluit. Dit gee ‘n uitstekende inleiding tot die besondere ryk gebeure in die bediening van Jesus waarvan Markus ons hier vertel. Die beginsel van ‘n rein hart word geïllustreer met die genesing van die kind van die heidense vrou.  Die beginsel van die genesing van die totale mens word geïllustreer met die genesing van die doofstom man. Die preek sluit af met ‘n bemoedigende woord aan diegene wat nie genees word. Jesus het nie alle siekes genees nie. Sy genesings is egter die teken dat Hy waarlik die Seun van God is, die Een in wie se hande ons hede en ons toekoms veilig is. Hy is met ons op pad na die nuwe aarde waar daar genesing vir almal is.

Share