Home » Preke 2018 » Hebreërs 9:24-28 – Vyf en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 11 November 2018

Hebreërs 9:24-28 – Vyf en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 11 November 2018

  Met Familie-tyd kan jy met die kinders gesels oor die Eiffel toring in Parys en die betekenis daarvan vir die Franse (foto’s ingesluit). Dit gee ’n goeie aanleiding om daarna oor die tabernakel en sy betekenis te gesels. Die preekriglyn fokus op die evangelie van Jesus Christus wat deur die Hebreërbrief aan sy lesers tuisgebring word op ’n unieke manier aan mense in hulle unieke omstandighede. Dit is gerig aan mense wat deur geloofsbeproewing gaan en die gevaar loop om deur vertwyfeling en wanhoop hulle visie op Jesus Christus te verloor. Hierdie hoop vind sy krag in die feit dat Hy in kontras met die ou verbond, Jesus die volmaakte offer gebring het wat vir ons ‘n anker is vir ons verwagting van ‘n toekoms by God.

Share