Home » Preke 2019 » Lukas 15:1-3, 11b-32 – Vierde Sondag in Lydenstyd – 31 Maart 2019

Lukas 15:1-3, 11b-32 – Vierde Sondag in Lydenstyd – 31 Maart 2019

Vertel gewoon die gelykenis en onderstreep dat God ons altyd liefhet. Maak seker dat jy dit dramaties vertel. Laat kinders dit bv opvoer terwyl jy die teks lees. Of wys die video waarvan die skakel ingesluit is. Jy kan ook die verhaal vertel met behulp van ‘n arms-wawyd-oop-figuurtjie – en dan vir kinders die nodige toerusting gee om hul eie figuurtjie te maak terwyl hulle na die preek luister. Instruksies en ‘n inkleurprent ingesluit. Die preekriglyn begin met die drie-deling van die Skrifgedeelte en beklemtoon Lukas se fokus op die armes, weduwees, siekes en randfigure. Daarom word die leser met die eerste lees van hierdie Skrifgedeelte, herinner aan die gedagte dat God Hom verbly in die terugvind van iemand wat verlore was.

Ons Skrifgedeelte beklemtoon ook veral God se liefde vir die sosiale randfigure en verstotenes. Die preekriglyn werk stapsgewyse deur die storielyn en sluit af met ‘n fokus op die oudste seun. Die gevaar is dat gelowiges wat lank in die vaderhuis leef soos die oudste seun kan raak. Ons wil dan nie dat die verkwisters, sondaars en lieplappers sommer net so oorlaai word met gratis genade nie. Ons strategie sou eerder wees dat hulle deur ‘n proses van selfverbetering gaan om moreel gesuiwer te word, voordat ons feesvier. Ons kan liewer mense se morele verbetering aan die werk van God oorlaat. Mense word vanuit die omhelsing, vergifnis en feesvieringe in God se huis nuutgemaak. Ons kan voorbeelde stel, mentor, selfs raad gee. God se fees is egter nie ‘n prysuitdeling vir die moreel onbevlektes nie. Dit is ‘n fees van God se genade – vir ons en ander.

Share