Home » Preke 2019 » Jesaja 43:16-21 – Vyfde Sondag in Lydenstyd – 7 April 2019

Jesaja 43:16-21 – Vyfde Sondag in Lydenstyd – 7 April 2019

Roep ’n paar kinders vorentoe met Familietyd. Laat hulle hulle vingers aflek, dit in ’n bakkie met sout druk en dan weer aflek. Nou kan hulle voel hoe dit moet voel om dors in die woestyn te wees. Plaas vooraf ‘Jannie-verjaar koeldrank’ (sommer gewone groen of rooi koeldrank) iewers waar niemand dit kan bereik nie en ’n koelboks waar dit sigbaar is, maar onopvallend. Sê vir die kinders “Is julle dors? Kry dan vir julle van die koeldrank”. Nadat die kinders dit probeer bereik het, sê vir hulle dat hulle op die verkeerde plek soek, want in die koelboks (iewers bereikbaar) is daar vir elkeen ’n yskoue blikkie koeldrank (nog lekkerder en beter as die Jannie-verjaar koeldrank). Lees dan vers 19-21 wat ‘n goeie oorgang om met die preek te begin. Die oordeel van die eerste deel van Jesaja word hier met Eksodus- en Skeppingsmotiewe vervang. God gaan ‘n nuwe begin met sy volk maak. Ná ‘n uitleg van die betekenis vir daardie tyd, kan dit opgevolg word met die vraag: “Waartoe verlos Christus ons?” Hierdie verlossingsdaad van God is immers telkens nuut in nuwe omstandighede.

Share